Afrikaans is veilig – Nzimande

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, sê die taalbeleidsraamwerk vir hoër-onderwysinstellings in Suid-Afrika erken al die landstale. Dit volg na die DA se klagte by die Verenigde Nasie se Onderwys, Wetenskap en Kultuurorganisasie. Die party wil hê die regering moet Afrikaans, die Khoi-, San- en Nama-tale as volwaardige inheemse Suid-Afrikaanse tale erken. ‘n Woordvoerder van die departement, Ishmael Mnisi, sê die raamwerk is hoofsaaklik gemik om onderontwikkelde Afrika-tale van die verlede te bevorder: