Afrika-unie veroordeel Israel

Die Afrika-unie sê Israel se reaksie op Hamas se dodelike aanval verlede maand is onverskoonbaar en waarsku burgerlike ongevalle sal verdere ekstremisme aanmoedig. Meer as 14 000 mense is dood sedert die konflik tussen Israel en Palestina verlede maand begin het. Die voorsitter van die Afrika-unie, Azali Assoumani, sê hulle veroordeel alle optrede wat burgerlikes en veral kinders benadeel. Hy doen ʼn beroep dat ʼn diplomatieke oplossing gevind word en beklemtoon daar sal geen vrede wees tensy ʼn tweestaat-oplossing bereik word nie.