Afrika is gyselaar van Rusland se oorlog – Zelensky

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het sê Afrika is ‘n “gyselaar” in die oorlog met Rusland, wat bygedra het tot stygende voedselpryse op die vasteland. Afrikalande word ergste geraak deur die groeiende krisis, wat die pryse van graan, kookolies, brandstof en kunsmis die hoogte laat inskiet het. Rusland en Oekraïne is verantwoordelik vir byna ‘n derde van die wêreldwye koringvoorrade, terwyl Rusland ook ‘n belangrike globale kunsmisuitvoerder is en Oekraïne ‘n groot uitvoerder van mielies en sonneblomolie is. Volgens Zelensky is die oorlog ‘n noodgeval vir die hele wêreld, veral Afrika wat eintlik gyselaar geneem word.