N$16m vir opknappings by NWR

Namibia Wildlife Resorts het vandag ‘n begroting van 16 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die opknapping van sy oorde landswyd. Daar was weer die afgelope tyd klagtes geopper oor die kwaliteit van die oorde. Groot opknappings sal by verskeie van die oorde gedoen word, soos Nelson Ashipala, woordvoerder van NWR verduidelik.