Maskers nie meer nodig nie – SA gesondheidsdepartement

Die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid sê hy het met die Nasionale Koronavirusbeheerraad oorleg gepleeg en voorgestel die huidige verpligte dra van maskers is nie langer nodig nie. Die departement sê dis weens die afname in die getal Covid-19 gevalle, hospitalisasies en sterftes wat aangemeld word. Daar is ook voorgestel die regulasies rakende byeenkomste en beperkings op die aantal mense per lokaal is nie langer nodig nie. Volgens die departement sal die Kabinet die aanbevelings binne die volgende 48 tot 72 uur bespreek.