AfriForum vra ANC se belastingrekords

AfriForum het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien en vra die ANC se belastingrekords en -opgawes vanaf 1994 tot op datum. Die Inkomstediens eis ‘n betaling van die ANC vir 102 miljoen rand se onbetaalde belasting, binne die volgende tien dae. Dit volg ná ‘n uitspraak in die Gautengse hooggeregshof. Ernst van Zyl van AfriForum sê die ANC het nie werknemersbelasting, werkloosheidsversekering of die vaardighede-ontwikkelingsheffing betaal nie, hoewel hulle vir jare dié bedrae van werknemers verhaal het.