Regshulpsentrum reageer oor Rooies Mostert se saak vorentoe

Kosmos 94.1 Nuus het aan die Regshulpsentrum gevra wat gaan nou met oudlanddros Walter ‘Rooies’ Mostert gebeur nadat hy is vrygespreek van alle klagte. Landdros Ivan Gawanab het bevind die lasbrief vir sy oorspronklike inhegtenisname op 1 Maart 2021 was nie deur ‘n landdros geteken nie. Mostert het herhaaldelik die aantyging gemaak oor die lasbrief. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum verduidelik wat die pad vorentoe vir die saak is.