Stad Tshwane se oudit is deur ouditeur-generaal afgehandel

Stad Tshwane is tevrede om kennis te neem die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het die oudit van die 2020/21 finansiële state van die stad en sy entiteite afgehandel. Die ouditverslag het weer ‘n ongekwalifiseerde mening oorgedra. Die stad se burgemeester, Randall Williams, sê die ongekwalifiseerde oudits is ‘n aanduiding dat die stad se finansiële state in alle wesenlike opsigte billik en toepaslik aangebied is vir die tydperk onder oorsig.