Afgetrede Nampol-hoof pleeg selfmoord

Die afgetrede adjunkkommissaris van die Namibiese polisie, Edward Haiduwa, is dood. Die 62-jarige Haiduwa het na bewering selfmoord gepleeg deur homself dood te skiet. Die voorval het Dinsdagaand by sy opstal by Omulingi-nedersetting in Okankolo-kiesafdeling in die Oshikoto-streek, plaasgevind. Hoewel Haiduwa geen selfmoordbrief agtergelaat het nie, word geen vuilspel deur die polisie vermoed nie.