Namib Mills: Graanpryse gaan nie oornag verlaag

Namib Mills het gereageer op die waarborg van Russiese President Vladimir Putin skepe met graan uit die Oekraïne toe te laat om veilig te vertrek. Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, sê Moskou sal nie die situasie rondom graanverskepings in en om die Swart See gebruik om sy sogenaamde spesiale militêre operasie te bevorder nie. Dit is indien die Oekraïne die skepe toelaat om veilig te vertrek. Die Kremlin het Dinsdag gesê die hawens moet deur die Oekraïne beveilig word sodat die Russiese vloot die vragskepe veilig tot in internasionale water kan begelei. Kosmos 94.1 Nuus het aan Ian Collard, die hoof uitvoerende beampte van Namib Mills, gevra of dié stap dalk later tot goedkoper graanpryse sal lei. Hy het só geantwoord.

Hy het gemaan dat die prysvlakke van graan nie oornag gaan verlaag nie.