Mosambiek se appèl misluk oor uitlewering van voormalige finansminister

Mosambiek se voormalige minister van finansies, Manuel Chang, moet steeds aan die Verenigde State uitgelewer word nadat die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika sy regering se aansoek om verlof tot appél teen ‘n uitspraak van die hand gewys het. Chang is in 2018 in Suid-Afrika in hegtenis geneem. Die Mosambiekse regering versoek dat Chang aan Maputo uitgelewer word vir misdade in verband met lenings tydens sy ampstermyn as minister van finansies. ‘n Suid-Afrikaanse hof het in November hof gelas dat Chang in Amerika moet teregstaan op aanklag van korrupsie, bedrog en geldwassery.