NEFF gaan Cheetah-sementfabriek herbesoek

Die Namibia Economic Freedom Fighters sê hulle sal die Cheetah Cement-fabriek buite Otjiwarongo herbesoek om te verseker dat die maatskappy die vereiste arbeidsprotokolle implementeer. Dit kom nadat die Namibiese arbeidsministerie aan die Cheetah-sementfabriek in Chinese besit toestemming gegee het om sy bedrywighede te hervat, nadat hy beveel is om sy deure op 10 Mei te sluit weens gebrekkige gesondheidsregulasies. Iipumbu Kalimbo, visepresident van NEFF, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die party sal met die ministerie in gesprek tree voordat hulle die aanleg besoek.