Action SA soek inligting oor donkiekar-tender

ActionSA in Noordwes sal ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aansoek doen om toegang te kry tot dokumente wat verband hou met die omstrede donkiekartender. Die party sê die provinsiale regering moet met die sak patats vorendag kom oor hoe dié kontrak toegeken is. ActionSA se Karabo Seane sê hulle is ewe verward oor mediaberigte wat daarop dui dat die eienaars van LKT Business Enterprise nie bewus is daarvan dat ‘n tender toegeken is nie: