Putin moet heeltemal gestuit word – Navo

Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, sê die belangrikste ding wat nou moet gebeur is om beplanning te doen vir wanneer die oorlog in die Oekraïne tot ‘n einde kom. Hy sê President Vladimir Putin se siklus van geweld moet gestop word, en herinner die wêreld daaraan dat Putin reeds in 2014 sy buurland aangeval het.