Aanspreeklikheid by plaaslike owerhede hier en in SA in die nuus

Nes in Namibië is daar uitdagings met aanspreeklikheid in plaaslike owerhede in Suid-Afrika. Die buurland se ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het ‘n beroep op alle rolspelers in plaaslike regering gedoen om pligsgetrou te wees en aanspreeklikheid vir staatsbesteding te verseker. Maluleke het ook die regering versoek om dienslewering en die lewensgehalte van Suid-Afrikaners te verbeter. Sy het die media ingelig oor die oudit-uitkomste van die land se munisipaliteite en hul instellings. Sy sê vyf jaar gelede sou 90 persent van munisipaliteite hul finansiële state betyds indien, maar nou het die getal tot 82 persent gedaal: