Namibië is ver voor SA met SME-ondersteuning

Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Wêreld Ekonomiese Forum dat hy ‘n nuwe Suid-Afrikaanse hoofstuk van stapel gestuur het om die potensiaal van klein en medium-ondernemings te ontgin. Wêreldwye studies toon dat klein en medium-ondernemings ongeveer 90 persent van ondernemings wêreldwyd verteenwoordig, en verantwoordelik is vir ongeveer 70 persent van indiensneming en bruto binnelandse produk. Die forum se besturende direkteur, Olivier Schwab, sê die New Champions Community sal SME’s aan ‘n groter netwerk blootstel. Danny Meyer van SMEs Compete sê Namibië is reeds ver voor in die verband.