Werkskontrakte by Comair is beëindig

Comair het aangekondig sy werkers se kontrakte sal onmiddellik beëindig word nadat die Hooggeregshof in Johannesburg gister voorlopige likwidasie aan die lugredery-operateur toegestaan het. Comair sê in ‘n verklaring meer as twee-duisend werksgeleenthede sal verlore gaan. Werknemers sal dalk net ‘n vasgestelde bedrag kry, afgesien van hoeveel jaar hulle vir die maatskappy gewerk het. Daar is vroeër berig passasiers met kaartjies vir Kulula- of British Airways-vlugte sal agter in die ry staan as hulle hul geld wil terugeis.