Joe Biden blameer Donald Trump vir Capital Hill-oproer

Amerikaanse President Joe Biden het tydens die eerste herdenking van die aanval op Capital Hill in Washington DC die blaam vir die 6 Januarie 2021 gewelddadige opstand voor die deur van oudpresident Donald Trump gelê. Biden het in sy toespraak gesê Trump is ‘n bedreiging vir Amerikaanse demokrasie en het ‘n web van leuens van versprei oor die uitslae van die 2020-verkiesing. Hy sê Trump is ‘n slegte verloorder.