Aandklokreël na chaos in Sierra Leone

Die regering van Sierra Leone het ‘n nasionale aandklokreël ingestel ná dodelike betogings teen die regering. Minstens twee polisielede en een burgerlike is dood tydens betogings oor stygende lewenskoste. Die betogers eis ook dat president Julius Maada Bio bedank, al is daar nog tien maande van sy termyn oor. Die regering het die ongeïdentifiseerde organiseerders van die betoging gekritiseer en waarsku die land het lank genoeg gely tydens die dekade lange burgeroorlog wat in 2002 beëindig is.