Farrell vir 4 wedstryde geskors, rooikaart is terug

Engeland se kaptein, Owen Farrell, is vir vier wedstryde geskors nadat Wêreldrugby suksesvol geappelleer het teen die besluit om sy rooikaart om te keer. ‘n Tugpaneel het Farrell se rooikaart na ‘n geelkaart afgradeer. Dit volg nadat hy op die 12de van die maand op Twickenham ‘n hoë duikslag uitgevoer het teen Taine Basham van Wallis. Die 31-jarige Farrell sal Engeland se eerste twee Wêreldbeker-wedstryde teen Argentinië en Japan in Groep D misloop terwyl twee opwarmingswedstryde ook by die skorsing ingesluit is. Hy sal weer beskikbaar wees om op die 23ste van volgende maand teen Chili te speel.