Olie daal, heen en weer aanvalle te midde van Trump se skietstilstandJune 24, 2025
Oliepryse het effe gedaal na president Donald Trump op sosiale media gesê het ‘n skietstilstand ooreenkoms, in fases van 12 ure, is bereik tussen Iran en Israel. Iran se buitelandse sake minister Abbas Araghchi het ontken dat daar ‘n ooreenkoms is maar, het vyandighede om vier-uur Teheran-tyd gestaak. Kort daarna is verskeie teikens in Israel aangeval en getref met tot dusver vyf vlae missiele wat afgevuur is. Israel is tot op hede doodstil oor die hele aangeleentheid. Vanuit Irak kom berigte dat die Taji-militêre basis aangeval is met hommeltuie – moontlik deur groepe wat Iran ondersteun. In 2020 het die VSA-geleide internasionale koalisie-troepe hulle van die basis onttrek en dit aan Irakse veiligheidsmagte oorhandig. Brent verhandel tans net bo 69 Amerikaanse dollar ‘n vat, amper 1,4 persent laer as ‘n dag gelede maar, steeds meer as 8 persent hoër as ‘n maand gelede.