Brandseisoen is hier, maak so op jou grondJune 24, 2025

Die droë wintermaande is tradisioneel ‘n tyd wanneer veldbrande gereeld voorkom. Kundiges waarsku al lank dat hierdie brand-seisoen baie skade kan aanrig, weens die welige veld na die somer se goeie reënval. Die groot vuur wat tussen Khorixas en Sorris Sorris woed het volgens berigte gistermiddag reeds meer as 3 000 hektaar weiding afgebrand en woed steeds. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, tegniese adviseur vir lewende hawe en weiveld by Agribank gepraat, wat meer inligting gee oor hoe brande voorkom kan word.