Jerry se ‘wet’ is terug parlement toe vir wysigings
Die omstrede Huweliks-wysigings wetsontwerp, wat deur privaatburger Jerry Ekandjo ter tafel gelê is en sonder enige moeite deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, is nie op President Hage Geingob se tafel vir bekragtiging nie. Die wetsontwerp is deur na die Nasionale Raad toe wat dit terugverwys het na die parlement vir wysigings. Die parlement is op die oomblik in reses en hervat weer op 5 September sy bedrywighede. Die wetsontwerp maak aanpassings aan die definisie van gade om te verhoed dat paartjies van dieselfde geslag se gades erken word.