Starmer sê Iran moet weer onderhandelJune 23, 2025

Brittanje se eerste minister het Iran versoek om terug te keer na die onderhandelingstafel nadat Amerika sy kernfasiliteite aangeval het. Keir Starmer sê in ‘n plasing op X Iran se kernprogram is ‘n “ernstige bedreiging vir internasionale veiligheid”. Hy het Iran versoek om opnuut te onderhandel en ‘n diplomatieke oplossing te bereik om die krisis te beëindig. Iran se ministerie van Buitelandse Sake het vroeër gesê die VSA het ‘n “gevaarlike oorlog teen Iran” begin. Hulle beskou dit as ‘n skending van internasionale reg.