LLPB sê oor veebrandmerk-registrasiesJune 23, 2025
Sedert Julie 2023 werk die direktoraat veeartsenydienste en die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad daaraan om produsente-inligting in NamLITS op te dateer weens baie onaktiewe veebrandmerke Die finale sperdatum vir verifikasie was 25 April vanjaar en ongeverifieerde brandmerke word nou gedeaktiveer. Die raad sê indien ‘n brandmerk verkeerdelik gedeaktiveer is, moet produsente kontak maak. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Anja Boshoff-De Witt, die vleisstandaarde bestuurder by die raad gepraat.