Vermeende ‘dagga-boere’ van Okahandja vra vandag vir borgJune 23, 2025
Die 27-jarige Armand Schultz en ‘n 42-jarige Suid-Afrikaner, David van der Linden sal vandag ‘n formele borgaansoek in die Okahandja landdroshof bring na hulle eerste verskyning einde Mei. Dit kom na ‘n daggaplantasie op ‘n plaas naby Hochfeld ontdek is. Hulle is aangekla van handeldryf in afhanklikheidsvormende stowwe en die besit van dwelmproduserende stowwe. Staatsaanklaer Hilma Mwata het gesê Schultz en Van der Linden was na bewering betrokke by die produksie van dwelms ter waarde van ongeveer 52 miljoen Namibiese dollar. Die Okahandja-gemeenskap sal na verwagting betoog vir die weiering van borg.