Nog ‘n strategie vir ekonomiese groei, werkskepping in die Kaap
Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het die provinsiale regering se nuwe Growth For Jobs-strategie, ook bekend as G4J, amptelik bekend gestel. Hy is na die bekendstelling vergesel deur die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, en LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers. Wenger sê die visie wat in die strategie uiteengesit is, is van ‘n provinsiale ekonomie wat groot ekonomiese groei bereik en wat lei tot voldoende indiensneming en geleenthede, asook ‘n ekonomie wat volhoubaar, veerkragtig, uiteenlopend, inklusief en welvarend is: