ActionSA hof toe oor ‘kaderontplooiings-projek’

Die voorsitter van ActionSA in Gauteng, Funzi Ngobeni, kondig vandag die party se regstappe aan teen premier Panyaza Lesufi se Nasi iSpani’-indiensnemingveldtog. Die projek se doel is om minstens 8 000 vakante poste in verskeie regeringsdepartemente in die provinsie te vul. James de Villiers van ActionSA sê sedert die veldtog begin het, is dit in omstredenheid gehul weens die ANC se beleid van kader-ontplooiing.