IUM bied SAOG-konferensie aan
Die International University of Management is gekies om die 2024 Suider-Afrikaanse Vereniging vir Navorsing in Wiskunde-, Wetenskap- en Tegnologie-onderwys-konferensie aan te bied. Dit het gekom nadat ‘n afvaardiging van Suid-Afrika, onder leiding van Kenneth Ngcoza, ‘n student van Rhodes Universiteit, suksesvol ‘n besoek aan die universiteit in Windhoek gedoen het om die geskiktheid daarvan as die gekose plek vir die konferensie te bepaal. Die konferensie dien as ‘n uitstekende platform vir die bevordering van sterk en blywende alliansies tussen akademici uit SAOG-lande. Kosmos 94.1 Nuus het dr. David Namwandi, stigter van die universiteit gesels wat sy wat sy opgewondenheid deel.