Geen aanduiding dat Putin kernwapens sal, of wil, gebruik nie

Die VSA sê hy het geen aanpassings aan sy kernwapen-posisie gemaak ná Rusland se ontplooiing van kernwapens in die naburige Belarus nie. Maar, die land het Russiese President Vladimir Putin veroordeel vir sy aanmerking dat hy teoreties kernwapens kan gebruik as daar ‘n bedreiging vir sy territoriale integriteit is. Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken sê daar is geen aanduiding dat Rusland voorberei om ‘n kernwapen te gebruik nie. Putin sê die ontplooiing van die wapens is bedoel as ‘n waarskuwing aan die Weste oor die bewapening en ondersteuning wat aan die Oekraïne gebied word.