Japan verbied uitvoere na Rusland

Japan se ministerie vir die ekonomie het aangekondig dat Japan vanaf volgende maand uitvoere van entstowwe, mediese toerusting en robotika na Rusland, wat hulle ‘n terroriste-staat noem, sal verbied. Dit sal ook nie vir die land moontlik wees om radioaktiewe toerusting, en toerusting vir kerngeriewe, olie- en aardgas-verkenning in te voer nie. Sekere amptenare en organisasies se bates is ook bevries.