SA-parlement debatteer Phala Phala volgende week

Die Suid-Afrikaanse parlement het besluit om die debat oor die Phala Phala-verslag tot volgende Dinsdag uit te stel. Lede sou vandag die bevindinge bespreek van die Artikel 89-paneel se verslag oor buitelandse valuta wat op President Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo gesteel is. Die kwessie kan lei tot ‘n ampsklag teen die staatshoof nadat die paneel bevind het hy moet rekenskap gee oor die saak. Die speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula het Maandag die African Transformation Movement se versoek vir ‘n geheime stemmery geweier en gesê LP’s wat stem moet persoonlik teenwoordig wees.