Olie-kontrakte sal nie hersien word nie

Die Namibiese ministerie van myne en energie sal geen kontrakte in verband met olie in die land hersien nie. Volgens die ministerie is die huidige ooreenkomste die beste opsies as gevolg van hoëkoste-implikasies en gespesialiseerde vaardigheidsvereistes van die sektor. Die leier van die PDM McHenry Venaani het onlangs sy kommer uitgespreek oor Namcor se 10 persent deelname aan die eksplorasie. Die ministerie sê die ooreenkoms en Namcor se aandeelhouding is gekoppel aan die bepaling dat die staat nie verplig is om fondse vir die eksplorasie- en ontwikkelingsfase wat miljarde dollar kan beloop, te voorsien nie. As die staat ‘n 51 persent belang wil hou, sal hy die eksplorasieprogram tot honderde miljoene dollar moet finansier. Die ministerie sê internasionale oliemaatskappye loop die risiko om hul beleggings – wat miljarde dollar beloop – te verloor as bedrywighede by die onlangs ontdekte olie aan die kus van Namibië misluk. Hulle beskik van die korrekte balansstaat om die tipe verlies te absorbeer.