SIM-kaart registrasie en media-vryheid

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing bied vanoggend om tien-uur ‘n seminaar aan oor verpligte SIM-kaartregistrasie kragtens Deel 6 van die Kommunikasiewet van 2009. Die tema is “Unpacking Threats to Media Freedom in Namibia”. Dit is sewe maande sedert die inwerkingtreding van verpligte SIM-kaart-registrasie en dit beteken effektief vanaf Januarie 2023 moet almal hul selfoonnommers geregistreer – wat in ander lande media-vryheid negatief beïnvloed het. Frederico Links, ‘n navorser van die instituut, praat met Kosmos 94.1 Nuus.