Twee kouefronte vandeesweek verwag

Meeste Namibiërs het reeds genoeg gehad van ‘n baie koue winter en dit blyk om nog ver van klaar af te wees. Die Namibiese weerdiens verwag twee kouefronte wat môre en Donderdag deur die land sal beweeg. Nie alle dele sal erge koue ervaar maar, soos Odillo Kgobetsi van die diens verduidelik.

In die buurland voorspel die Suid-Afrikaanse weerdiens dat die sterk wind en ligte sneeu van die naweek sal aan die begin van die week voortduur. ʼn Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir skadelike golwe tussen Plettenbergbaai en Richardsbaai. Die weerdiens waarsku die golwe kan plek-plek skade aan infrastruktuur aan die kus aanrig en navigasie ter see bemoeilik. Ligte sneeu in die Oos-Kaap is moontlik oor die berge by Winterberg en Amathole.