Otji-munisipaliteit sny dienste af aan skole, N$1,6m word geskuld

Ná verskeie staatskole op Otjiwarongo se watertoevoer deur plaaslike owerhede afgesny is, het dit onderrig by die Noorde-dorp se skole begin beïnvloed. Waarnemende onderwysdirekteur in die Otjozondjupa-streek, !Garibasen IUiseb, het gesê watertoevoer by die 11 skole en ander onderwysgeriewe op Otjiwarongo is afgesny weens die uitstaande betaling vir Julie. Die onderwys-direktoraat skuld meer as 1,6 miljoen Namibiese dollar aan die munisipaliteit op tariewe en belasting, insluitend water vir verbruik by die onderwysgeriewe, wat 11 primêre en sekondêre skole en die onderwysers se hulpbron-sentrum insluit. !Uiseb was by die Otjiwarongo-munisipaliteit waar hy onderhandel vir die heraansluiting van water by die skole.