Plaaslike geleentheid vir olyfolie produksie

Die afvaardiging van WesGrow wat in Namibië is in vennootskap met die Namibiese Kamer van Koophandel, glo daar is baie wat Namibië kan bied vir handel tussen Afrika-lande. WesGrow, ‘n Wes-Kaapse Ekonomiese ontwikkelingsagentskap, het ‘n afgevaardigde uit Suid-Afrika gebring om sake-vennootskappe te skep en handel tussen die twee bure te laat groei. Ná hul verbintenis met plaaslike entrepreneurs, sê die stigter van ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy, Extra Ubuntu, Extra Virgin Olive Oil, Loyiso Manga, aan Kosmos 94.1 Nuus hy hoop om samewerking met Namibiese entrepreneurs te vind om meer olyfolie te produseer.