Geslagsgeweld: SA-vroue in die steek gelaat deur owerhede

Die Suid-Afrikaanse organisasie Lawyers for Human Rights bevraagteken die toestand van die land se regstelsel, terwyl geslagsgeweld-misdade onverpoosd voortgaan. Die organisasie se nasionale direkteur, Wayne Ncube, sê die stelsel het vroue in die steek gelaat, veral vanuit ‘n vervolgingsoogpunt. Hy glo vonnisse was in sommige gevalle baie lig. Ncube voeg by die regstelsel het tans baie skuiwergate en is nie toegerus om die plaag van geslagsgeweld te hanteer nie: