Opul-baas sterf

Die sekretaris-generaal van Opul, Mohammad Barkindo, is dood op die ouderdom van 63. Die hoof van Nigerië se petroleum-maatskappy Mele Kyari het sy afsterwe bevestig en sê dit is ‘n groot verlies vir die bedryf. Barkindo sou aan die einde van die maand na ses jaar afgetree het. Volgens Kyari is Barkindo etlike ure na ‘n vergadering met Nigeriese President Muhammadu Buhari en die hooftoespraak by ‘n energieberaad in Abuja gelewer het. In daardie toespraak het hy gesê die olie- en gasbedryf is “onder beleg” weens jare se onderbeleggings en dat handel in olie vanuit Iran en Venezuela kan help om die mark se huidige tekorte aan te spreek.