Chinese burger en makker doen vandag aansoek om borg na korrupsieklag

‘n Chinese burger en eienaar van ABC Investment, die 51-jarige Guo Yunhai, en sy bestuurder, die 33-jarige Rodney Sinvula Siyenga gaan vandag in die Windhoek-landdroshof formeel vir borgtog aansoek doen. Hulle het Woensdag in die hof verskyn nadat hulle glo probeer het om personeel van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, om te koop. Guo skuld blykbaar 8 miljoen Namibiese dollar en het fakture vervals. ‘n Ondersoek is deur NamRA gelas en toe kom die poging om die amptenare met 100 000 Namibiese dollar om te koop.