Geingob en kie reis nou na Rwanda, net na Katar-besoek

Namibiese President Hage Geingob lei die Namibiese afvaardiging na die Beraad van Statebond-staatshoofde wat in Kigali, Rwanda, plaasvind. Die President word deur sy vrou Monica Geingos en kabinetsministers vergesel. Leiers van 54 Statebondslande vergader die naweek in Kigali waar die amptelike opening vandag plaasvind. Meer as 5 000 afgevaardigdes van regerings, besighede en burgerlike samelewingsorganisasies word verwag. Dit is die sesde keer wat die beraad in ‘n Afrika-land gehuisves word.