Caster het nie vir Eugene, VSA, gekwalifiseer nie

Suid-Afrika se Olimpiese kampioen, Caster Semenya, kon nie die kwalifiserende tyd haal vir volgende maand se wêreldkampioenskap in Eugene, Amerika nie. Sy het sesde klaargemaak in die vyf-duisend-meter by die Afrika-atletiekkampioenskap in Mauritius. Die goeie nuus is dat sy nog vyf weke het om die kwalifiserende tyd te haal.