AfriForum verwelkom uitspraak oor interdik oor R50 miljoen aan Kuba

AfriForum verwelkom die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria om ‘n interdik te handhaaf wat die departement van internasionale betrekkinge verhoed om 50 miljoen rand aan Kuba te skenk. AfriForum se woordvoerder, Reiner Duvenage, sê die regering se besluit was nie in belang van geregtigheid nie. Duvenage sê die geld moet gebruik word om Suid-Afrikaners te bevoordeel. Intussen sê die departement hy sal aansoek doen om verlof tot appèl teen die hofbeslissing.