Voëlgriep teister Franse foie gras-bedryf

Frankryk het meer as 600 000 pluimvee weggemaak in ‘n dringende poging om die voëlgriep-virus te beheer. Die minister van landbou Senator Didier Guillaume het uitbrekings by 26 fabrieksplase in die suid-weste aangemeld en nog 15 gevalle in wilde voëls, en drie op plaaswerwe. Daar is groot kommer oor die foie gras-bedryf en verlede jaar, het owerhede 3 miljoen eende geslag, ook as gevolg van ’n voëlgriep uitbreking. België en Brittanje het ook verlede week uitbrekings aangekondig, waarin 100 000 diere aan die virus dood is. Die land verdien ongeveer 88 miljoen euro jaarliks in uitvoere van die fynproewersdis. China het reeds in 2020 ‘n verbod op foie gras-invoere vanuit Frankryk ingestel as gevolg van voëlgriep.