Mkhize vra hof om Digital Vibes-bevindings ter syde te stel

Die voormalige Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Zweli Mkhize, het die Hooggeregshof in Johannesburg gevra om die Spesiale Ondersoekeenheid se Digital Vibes-bevindings teen hom ter syde te stel. Hy wil ook hê die hof moet die bevindings ongrondwetlik en onwettig verklaar, omdat die bewyse wat hy gelewer het, nie in ag geneem is nie. Die ondersoekeenheid het bevind Mkhize se optrede met die goedkeuring van die tender van 150 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Digital Vibes was onwettig. Die voormalige minister sê in sy aansoek die eenheid se bevindings en aanbevelings teen hom is deurspek met onreëlmatighede.