Navorsing, wetenskap moet verbeter

Die Namibiese minister van hoër onderwys Itah Kandjii-Murangi sê die Covid-pandemie het die swak ontwikkeling van die land se wetenskaplike en navorsing vermoë blootgelê. Volgens Kandjii-Murangi is dit die geval in baie lande regoor die wêreld. Tekorte aan gespesialiseerde laboratoriums en kundigheid verhoed ook dat Namibië enigsins navorsing gedoen het om sy eie medisyne te ontwikkel. Die vaardighede moet volgens haar ontwikkel word en tegnologie moet ook in die verband ingespan word.