Korrektiewe Diens sê oor slenters deur gevangenes

Die Namibiese Korrektiewe Diens sal môre die publiek inlig oor die kwessie van onwettige items wat in fasiliteite regoor die land ingesmokkel word. Die polisie hoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het onlangs gesê hy weet dat sy eie beamptes oor hierby betrokke is. Die owerheid het ook ‘n klopjag gehou en kommissaris Sam Shaalulange van die diens sê daar is groot uitdagings met gevangenes wat bedrog pleeg.