Gholf: Australië kanselleer mans en vroue Ope

Die Australiese Ope se 2022 mans- en vrouetoernooie is gekanselleer as gevolg van voortgaande reisbeperkings weens die koronavirus-pandemie. Die mans se toernooi sou laat in Januarie of Februarie plaasvind en die vrouetoernooi in Februarie. Gholf Australië se hoof, James Sutherland, sê die besluit is nie ligtelik geneem nie, maar hulle glo dis die beste onder die huidige omstandighede. Die Australiese PGA-kampioenskap in Queensland gaan egter steeds voort tussen 13 en 16 Januarie.