Gemeenskappe beweer hulle is nie deur ReconAfrica geraadpleeg

Die voortdurende protes van verskeie groepe teen die teenwoordighed van ReconAfrica duur voort. Daar is steeds gemeenskapsgroepe wat beweer hulle is nooit gekonsulteer oor ReconAfrica se operasies in die Okavango-kom nie. Ndapewoshali Shapwanale, Ndapewoshali Shapwanale, ReconAfrica se kommunikasiebeampte het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het alle konsultasies gedoen en beklemtoon dat alle konsultasies ‘n voortgaande proses is wat tyd neem.