Stad Thekwini sluit sentrale strande vir swem

Die Stad eThekwini het dadelik sentrale strande vir swem en sportaktiwiteite gesluit nadat tekens van abnormale E-coli-vlakke in die water gevind is. Die stad het sonder versuim toetse gedoen toe troebel water by sommige strande opgemerk is. Die uitslag het gewys hierdie bakterie is aanwesig. Die woordvoerder van die stad, Msawakhe Mayisela, sê spanne is hard aan die werk om ‘n stukkende rioolpomp reg te maak. Dit word gereeld gevandaliseer om skrootmetaal in die hande te kry.